Thursday, July 3, 2008

REELS VAN N KOREKTE BRAAI.

1. Doen so bietjie moeite met jou aankoop van jou vleis. 'n Braai is 'n ernstige ding, benader dus jou aankope ook so. In die ou dae was jou slagter amper familie. Jy het hom immers meer gesien as jou dokter. Deesdae is dinge soveel makliker en onpersoonlik. Rakke het gesigte vervang met die gevolg dat die jonger geslag onbekend geraak het oor wat nou eintlik goeie vleis is. As 'n ding goed verpak is dan lyk hy mos gaaf genoeg om te braai. Kak man! So, as jy nie vleis ken nie, vra jou slagter! Pick 'n Pay, Spar of Checkers se vleis is kak - punt stop.

2. Dikker snitte vir braai!

3. Steaks is medium-rare en miskien selfs medium. As jy van jou vleis 'well-done hou - gebruik 'n blow torch en hou jou vleis van 'n braaier af. Hardloop dan ook sommer in 'n muur vas. Herhaaldelik!

4. Rare is net vir persone wat die smaak van vleis opreg waardeer!

5. 'n Steak sonder vet is nie 'n steak nie.( Fillet het geen vet nie )

6. Fillet is vir bejaarde mense. Tenderised steak hoort op die Kerkbasaar se steakrolls. Nie op 'n vuur nie!

7. Wors moet nog kan buig as hy afgehaal word - dit moet nie breek nie. Wors word ook nie vol gate gesteek nie, kry vir jou iets anders om te steek.

8. As jy nie kan braai nie, moenie!

9. As jy een van daai gelukkige braaiers is wat 'n dik braaiplaat besit gebruik hom gerus, maar net vir steak.

10.Vleis word van die rooster of die plaat af opgeskep - nie uit 'n lou-oond uit nie .

11.Daar word eers gebraai waneer die vuur reg is.

12.Uitpass voor die ete is uit soos bokn...!

13.As jy self jou vleis wil braai, want jy vertrou nie die braaier nie, of as jy net doodeenvoudig vol kak is, praat voor die tyd of shut up!

14.As jy 'n ander persoon die braaireg by jou huis gee dan swaai hy die septer.

15.Sout word alleenlik en ALLEENLIK aan tafel oor die vleis gegooi! Jy braai nie met sout nie!

16.As jy met hout wil vuurmaak, koop ordentlike hout. Gebruik slegs as daar genoeg vuuraanstekers is want om die ding aan die gang te kry kos hitte. Baie hitte. Die rook van 'n sukkelende vuur is 'n steurnis. 'Smokey Robinson' word nie hier geduld nie.

17.Daar is nie 'n ding soos 'n te warm vuur nie.

18.As jy kan braai en nie 'n ordentlike vuur kan maak nie dan lieg jy.

19.Komplimenteer die braaier as die vleis gaaf is. Indien nie, sĂȘ so! Hoe de fok anders moet hy leer?

20.Een slaai by 'n braai is genoeg .

21.Papierborde is cool solank dit in een of ander versterking is.

22.Hou jou stompies uit 'n braaivuur uit! Jou kak gewoonte hoort by jou huis !

23.Met rugby steek jy die vuur tydens halftyd aan.

24.Hoender eet jy met die hand. Tjops ook. Steak en wors, met 'n mes en vurk.

25.As jy jou pap saam met 'n braai met melk en suiker eet, is jy wanaangepas en skreeu jy seker vir die Blou Bulle . Vra almal by die braai om jou teen jou kop te klap, maar dit sal seker ook nie eers help nie .

26.Politiek, godsdiens en baba praatjies is uit om 'n braaivleisvuur. Rugby , jag, 4x4 bakkies en die buurvrou se tan-lyne is die norm.Visvang stories word eers gepraat as almal gesuip is, want dan kan die wat nie visvang nie saam kak praat.

No comments: