Wednesday, January 14, 2009

EPOL (A TALL TALE)


Nou die dag gaan koop ek 'n sak E_POL hondekos by Pick 'n Pay en terwyl ek so in die ry staan, vra 'n vrou agter my of ek 'n hond het.
Sommer aspris, sê ek vir haar: Nee, ek het nie 'n hond nie - ek begin weer met die E_POL diëet.

Ek sien sy kyk my so snaaks aan, maar ek gaan aan: "Eintlik weet ek dat ek nie weer op die diëet moet gaan nie, want laaskeer het ek in die hospitaal beland - wakker geword in die intensiewe eenheid met pype wat uit elke gaaitjie in my lyf kom . Maar ek het 22kg verloor voor en dit was die moeite werd."

Ek vertel haar dat die E_POL diëet eintlik volledig voedsaam is met al die vitamienes en minerale wat mens nodig het. En dis so maklik! Al wat jy doen is om jou broeksakke vol te maak met EPOL nuggets en jy eet een of twee wanneer jy ookal honger voel.

Teen hierdie tyd luister al wat 'n persoon is na my storie - veral die ou wat agter die vrou staan.
Heel geskok vra die vrou my toe of ek in die hospitaal beland het van voedselvergifting.

Ek antwoord toe: "Nee, ek het in die straat gesit en my privaatdele gesit en lek, toe 'n kar my raakry!"

EK DOG DIE OU AGTER HAAR KRY 'N HARTAANVAL VAN DIE LAG!
SIMPEL KOEI - VIR WIE HET SY GEDINK KOOP EK DIE HONDEKOS???????????/!!!!!!!

No comments: