Monday, February 2, 2009

MEDEMENSLIKHEID.

Beste Vriende


So 'n paar dae gelede het ek in die pad afgestap, besig met my eie dinge. Voor my was een van daardie mense wat jy so baie in die stad sien deesdae.


Die persoon het geskeurde klere gehad en twee plastiek sakke seker vol 'n paar persoonlike besittingkies.

My hart het uitgegaan na die persoon. Sommige mense het verby gestap en gestaar, maar ander wat saam hulle vrouens en meisies was het verby gestap asof hulle niks sien nie.







Toe onthou ek my Christelike opbrengs, en onthou dat ek moet uitreik, omgee, en kos gee vir die wat dit nodig het. Ek het net gevoel dat ek moet uitreik na die mens.





Dit is waar dat sommige mense nie verby die geskeurde klere kan kyk nie maar ek het, en ek het die beeldskoonheid raak gesien. Terwyl ek gestap het en 'n stem binne my gesê....reik uit....reik uit.... en toe…… reik ek uit....





















Die dokter sê ek sal weer eendag kan loop, ek moet net baie oefen, maar tot dan stuur maar 'n kaartjie, of kom kuier te minste... Groete,

1 comment:

Anonymous said...

jinne ek sou seker ook maar uitgereik het.