This Radio Talk Show was about the reasons why Malcolm Wren - EngelseBoer walked 158 miles across England to raise awareness about the plight of the Boers. Not all of this was spoken, but this was the sketch Malcolm worked from when he chatted to Radio Pretoria. So here it is in its entirety.
<<<<<<<>>>>>>
Eerstens wil ek vir al die luisteraars wat my aangemoedig en steun verleen het bedank; elke brief , elke gebed, is hoog op prys gestel. Ook wil ek aan die wat die staptog promotiveer het dankie sê, veral Dr. Philip du Toit, maar ook die ander; Adriana Stuit van
Censorbugbear en Keith Knott, van
Crimebusters of SAs – asook Boer van Realitietnuus, en ook die TLU. Daar is dan ook Marietjie Louw van Die Beeld en Kobus vd Walt van Raport en News24. Ook wil ek Ds. Gideon Grobelaar en Die Verkennersbeweging bedank vir die enorme eer wat hulle my toegestaan het, en ook u die luisteraars, veral Peet Wessels, vir sy gedig “Wreed Die Wroeging” – wat die situasie in SA, en die staptog so goed saamsmelt en uitwys. Ek voel nie daartoe eerwardig nie; en my woorde kan nooit die dank aantoon wat hart ken nie.
Ek is 'n engels-speekende Suid-Afrikaner, kind van ‘n wonderlikke Boeretannie. In SA is meeste van my vriende (en die waarvoor ek die liefste is) Afrikaans. Selfs daar was ek Engelse Boer genoem, en hier noem ek myself EngelseBoer. Ek het 'n Engelse meisie getrou, en na tien jaar se geweier, tog naderhand Engeland toe getrek, dit vyf jaar gelede. Dus, tans vind ek my in Engeland, maar al het ek SA vir 'n tyd verlaat - het ek julle nie "gedrop" nie, soos baie/alle emigrante van uit SA beskuldig word. Ek is wel hier, en hier het ek vir julle nog meer lief geword as toe ek daar was... Daar het ek maar net soos ander met my eie lewe aangegaan, Hier sien ek julle worsting meer raak deur die internet, juis omdat ek daar uit is en omdat ek huistoe verlang - en dus soek en kyk ek, en sien ek veel meer raak, soos deur 'n mikroskoop.... Daar kan ek niks uitrig nie... Hier kan ek darem 'n klein stemmetjie vir julle word. Ek is bereid om my lewe vir julle op te offer... al is ek bang daarvoor. Julle is deur propaganda die wereld oor belieg en misverstaan, ek ken julle beter; ek is lief vir julle – Julle is my anngenome volk en ek treur diep vir julle - jul hartstog en smart, die onregverdigeid teenoor julle die propaganda - die aanvalle - die verminking - verkragting en moord. Selfs Mandela het van julle gesê; “Die Boere is goeie mense, misgelei deur hul regering; Nou wil ek die vraag dan vra; Hoekom moet die Boervolk die doodstraf kry, oor die gulsigheid van politisie eue gelede, die voute van hul regering dekades gelede, en die laksheid en veronagting van die regering van vandag? Die persoon wat ek is, is nie ‘n aktiwis nie; Ek sal eerder dat ander mense dinge doen, tog, in die afwesigheid van sulkes, pak ek dan maar dinge aan, soos nou. Met als wat ek deur die internet waargeneem het, raakgesien het, het ek saam met u getreur en gerou. Toe sien ‘n berig wat sê; “Terwyl volksmoord in SA plaasvind, bly die wereld koddig stil”. Ek kan nie langer ydel bystaan en toekyk wat onder u gebeur nie. Dit is my mening dat die wereld stillbly omdat hulle onwetend is, en hulle is onwetend omdat ons nie genoeg doen om hulle wys te maak nie. Ek wil nie langer aan daardie skuld skudig staan nie. Daarom het ek met ‘n positiewe uitsig gevra “wat kan een man doen?” my antwoord, “een man kan stap en hopenlik so die pers aanlok” Dus het ek gestap.Vir my is dit nie held-dadig nie, en al wat ek vewag het, was ‘n bietjie steun en ‘n paar dankies…Maar mense soos Ds Grobbelaar en Peet Wessels, asook ander luisteraars, het my veel meer eer gegee as dit… meer as wat my toekom. My wonderlikke Boere-Moeder het my met die volgende woorde grootgemaak, en in die vele tye van self-minagting, met hulle gesus… “Wees maar die minste my kind” Dit is ‘n les wat ek dalk TE goed geleer het; Ek is ‘n nederigge persoon, en weet nie mooi hoe om u eer aan my te verwerk nie…Die woord “dankie” is te klein om my opregte dankbaarheid aantedui, ook kan ek nie beskyf hoe my hartjie voel nie… Ek is gin "Emily Hobhouse" nie ------ ek is gin held ------Al wat ek is, is een met 'n diepe roering vir julle..en dus sal ek praat - uitwys – bekendstel ----- al vat dit my laste asem. Ek is 22 jaar getruod; My vrou ken my, en ken my hart, sy tjank elke keer wat ek dit sê - want sy weet ek bedoel dit met erens. Ek is U dienaar - Malcolm Wren - Die Verboerde - EngelseBoer
Ek vededig julle baie maal, u taal, u herkoms, u reg om u’self “Boer” te noem; Ek moes weer onlangs so maak teen ‘n vrou wat op die internet gesê het dat ons nie die term “Boer” moet gebruik nie; dit is ‘n “verbrokkelende term”… My antwoord daarop was… Dit maak aan my nie saak hoe verbrokkelend die term ookal mag wees, Diè Volk was minstens drie keer in die geskiedenis so erken deur die Britse Koningryk, en word nou steed so erken deur die Vereenigde Nasies wat aangedui is deur die liggaam wat hul gestig het, “Geonocide Watch”. As ons die term Boer (die volk) verwyder, is dit ‘n groot veronagsaaming van die volk wat verkies om hulself so bekend te maak – dit is hul identiteit, en ek weier om hulle dit te ontsê. Die ANC sal graag elke sweem van hierdie volk verdelg, soos tesiene is deur hul aanslag op hul taal, kultuur, en herkoms, asook in hul totale verontagting van die volksmoord waana die Boere staar. Om die term Boer te gebruik in verband met die plaas aanvalle ontken geensins die aanvalle op ander etniese-Europeërs, nog die op ander volkere en mense in SA. Die linte wat ek in Engeland geplaas het, en die 1500 kruise wat in SA geplant is, was vir ALLE vermoorde siele in die plaas-aanvalle, maar die hoofdoel van my staptog was om die volsmoord op die Boerevolk uit te wys –dit neem niks van die stryd van alle volkere in SA weg nie. As iemand een hulpfonds ondersteun, bedoel dit nie dat hul die benodighede van ander hupfondse nie erken nie – al wat dit doen is wys die hulpvonds van hul keuse uit, die een wat naaste aan hul hart is, vir watter rede ookal. Ek is ‘n 8de geslag Suid-Afrikaner, hoofsaaklik van Engelse herkoms, maar ek sal geen deel aan die verwoesting van die Boere nie; in teendeel, ek is bereid om my lewe vir hulle te gee. Hulle, as ‘n volk, is die mees gasvry mense wat ek nog teëgekom het. Ja, hulle het hul voute, wie het nie? Hulle is beskuldig, misbruik, verdraai en misverstaan. In die verlede was daar vir die uitroeing van die Boere gevra, weens die gulsigheid en polietiese gesindhede van ‘n paar bose mans. Dit is nou hoe dit weer is. Tog is hulle goeie mense; In al hul vele oorloë, het die Boere hulself verdedig, nooit het hulle eerste aangeval nie. Hulle het Afrika inbeweeg met gewere, asook die Word van God, nie soos ander elders, wat net met gewere ‘n land inbeweeg het nie. Weens hul ingebore goedheid, het die swart volkere vermenigvuldig, nie soos in ander lande waar daar steeds redelikke klein hoeveelheide tans is van vroeëre groot getaale mense. Om die term “Boer” te ontken, ontken hulle identiteid, soos genoem, moet ons dan ook die terme, Zulu, Shangaan, Tswana… of ander ontken, en hul almal swartes noem? Ons wat Engels-spreekende Suid-Afrikaners is, het ons identited verloor; want ons hoort aan geen Volk; Ons Land is Suid-Afrika, waar vir alle mense van SA – maar elk het hul onderskeidende taal, kultuur en geskiedenis. Ons het nie; en dit is ons verlies. Vele mense praat ook Afrikaans in Suid-Afrika, maar weinig sal hulself Boer noem. Ek vereer hulle wat dit wel doen – Hulle het ‘n krag en vasbeslotenheid wat ons (Engels-spreekende SA’s) kortkom. Weereens, ek sal geen deel aan die verwoesting van hierdie volk, Die Boerevolk, se herkoms hê nie: So van herkoms gepraat, ek is trots op u herkoms. Ek het iets op die internet gevind, getiteld – “Who are the Boers”. Dit het ek tot Afrikaans vertaal, en het dit ook by-titels gegee…Dit stuur ek dan aan ander web-werwe waar paslik - graag wil ek dit aan u lees;
Teen die Vals Propaganda Een van die mees gloende getuienisse tot die karakter van die Boer en sy agtergrond, was deur Sir Arthur Conan Doyle, geskryf; skrywer van "The Great Boer War", en bekend gemaak deur sy "Sherlock Holmes" reeks. Doyle, wie met die Britse weermag vir ‘n goeie deel van die oorlog was, skryf in ‘n taamlik dramatise styl oor die onderwerp, maar sy aanhaling dien wel om die ander sy van die Boer se karakter, noggal welsprekend, te illumineer. In die geloof dat die oorlog binnekort klaar sal wees, het hy geskryf, “En dus het ons aan die einde van ‘n lang pad gekom, verby die stryd van die penne en die struweling van tonge, tot die arbitrasie van die Lee-Metford en die Mauser. Dit was jammerlik dat dit tot diè moes kom. Hierdie mense was so na ‘n stamverwant aan ons as enige ander ras wat nie ons eie is nie. Hulle was van die selfde Friesian wortelstok wat ons mense ook deël. In gewoontes, gemoed, geloof, respek vir die gereg, was hulle soos onsself. Braaf ook, was hulle, en gasvry, met die sportiewe instinkte wat so na aan die Anglo-Celtise ras is. Daar was nooit so volk ter wereld met meer kwaliteite wat ons mag admireer, en nie die minste van die, was hul liefde vir onafhanklikheid wat ons trotste spog is en wat ons ook in ander aanmoedig en ook onsself uitgeoefen het. Hulle was ‘n geselskap van Hollanders van die soort wat hulself teen al die mag van Spanje, destyds die grootste mag ter wereld, verdedig het. Hulle was gemeng met ‘n geslag van daairdie onversetlikke Franse Hugenote wat hul tuiste en rykdom prysgegee het en hul land vir ewig verlaat het. Die produk van diè kombinasie moet noodwendig een van die mees stoer, fors, onoorwinbare rasse ooit op aarde tesienne wees. Neem hierdie gedugde volk en lei hulle vir sewe geslagte op, in aanhoudende oorlöe teen toestande waaronder g’n swakkeling kan oorlewe nie, plaas hulle so dat hulle besonder kundigheid met wapens en ruiterkuns verwerf, gee hulle ‘n land wat uiters gepas tot die taktikke van die jagter en ruiter is. Ten einde, sit ‘n fyner stemming op hul militêre kwaliteite deur ‘n streng fatalistiese Ou Testament godsdiens en ‘n vurigge en verterende patriotisme. Meng al hierdie einskappe en al hierdie impulse in een indiwidu en jy kry die moderne Boer – Die mees besonder teenstander wie Keiserlikke Brittanje ooit teëgekom het…” In diè sentiment, was Doyle deur president Theodore Roosevelt aaneengevoeg, wie in sy boek “African Game Trails” – ‘n verslag van die Afrika swerwery van ‘n Amerikanse Jagter-Naturalis – geskryf het, “Die Boere het hulself bewys as te hard ‘n neut te kraak vir selfs Groot Brittanje met al haar mag. Vyf jaar na ‘n verwoestende oorlog is hulle weer in die oorwig. Hulle kan nie onderdruk word nie! Hulle is bestem om ‘n vermaande nasie te word want hulle besit die drie noodsaaklikke qualiteite vir die maak van ‘n vermaande nasie: ‘Hulle is goeie vaders, goeie vegters en goeie Christene’.” (bl. 19-21)Vertaal Deur EngelseBoer
Op sulke maniere staan ek die Boere en Afrikaners by. Ek het menigge vertaalings gedoen, wat begin het as ‘n manier op my Afrikaans in stand te hou, want hier verlep dit sleg. Ek het ander deur e-pos probeer help om Afrikaans te leer, en moes my eie vorm van foneties alfabet ontwerp, en ek het by verskei internet gesels groepe aangesluit. Dit is op die manier dat ek nuus uit SA ontvang, en so sien ek meer raak as baie mense in SA; want u is nie die waarheid gegun nie. Wel ek het hier, met die stap-tog, nie die verwensde pers gelok nie, maar ek het darem die woord uitgekry, en die suksesse wat ek wel behaal het is steeds alles goed. Ek dink een van die grootste verrigtinge is die eenheid wat ek onder julle sien vorm, en die 1500 kruise wat daar geplant is het die media daar gelok, en dus is die woord daar ook uit, die moord syfers en die feit dat Volksmoord wel daar aan die gang is, word aan julle wat die statistieke ontsê word, bekend gemaak, asook aan die wat in weiering leef. Nog ‘n by-produk van die stap, is dat ander ook nou van hulself vra – “wat kan ek doen” – en waneer dit met ‘n positiewe denk prosess gevra word, dan gebeur dinge, soos ook aangedui is deur die kruise; en dit is vir my veel meer waardevol. Dit is goed om te verneem dat ons meer proaktief beginne word. Toe Nelson Mandela nog in bewind was, het hy gesê dat ons nie erinstig omtrent ons ongesteldhede is nie, want ons betoog nie. Vir my beboel dit dan dat as ons nie protess maak nie, sal ons nie as ernstig aanskou word nie. Ons is nie ‘n nasie van protesteerders nie, maar ons het nodig om dit aan te leer. Vir my is daar geen betere aardse doel, as om vir die Boere te staan nie. Ek het die woord uitgekry, en dit versprei. Die linte is op, en sal vir maande lank steeds leesbaar wees. Die nuus van my stap-tog en die rede daaragter, word van een werf na die ander versprei; Een sulke werf argief hulle poste een maal ‘n week, op wat hul “ticker-tape” noem, en hul “ticker-tape” spog ‘n slan-syfer van 4 miljoen per maand. Dus, in die afwesigheid van die media, dra ander die fakkel. Daar word van my gevra – “wat volg die stap-tog”? Dit weet ek nog nie; maar ek is van een ding oortuig, daar is meer vonke nodig voor die ding goed vlam vat – soos Mnr. Miguel Mitras dit so goed uitgespreek het. EK het na die ontkenning van soms geskimp. Baie is steeds van die roosagtigge denke dat dinge sal verbeter. Vanselfspreekend het ek oor die jare beter insig tot SA gekry. Ek is dus verstom om die omslag van die ontkenning van mense, varal wanneer die mense Boere plaasboere is. Een boer het ‘n soort veld-skrywe op sy plaas gevind. Dit behels ‘n oppgevlekte dier wat op die plaas omheining gehang is. Naby die dier is stene gelê wat presies die hoeveelhied en ligging van die plaas struktiere aantoon. ‘n Pyl van gras is gevorm, en dui die plaashuis aan, asook die presiese rigting na waar dit geleë is.Die boer het geweir om sy vrou en twee klein dogters na veiligge herberg te stuur; want hy wil hul lewens nie uiteenspad nie. Dit maak nie vir my sin nie. Plaas aanvallers het dit duidelik gemaak dat hulle baie bereid is om lewens grusaam uiteen te skeur. Maar iets wat my nog meer treurig maak, is iets wat ek onlangs van bewus geword het, en dit is dat die oorlewende plaas-aanval slagoffers deur hul bure verstoot word. Die argument is dat hulle iets verkeerd moes gedoen het om die aanval te verdien. Diè argument, wat uit kweselary gebore is, is dat “God jou straf”. Hoe uiters treurig. Dit mag wel so wees dat God die Boere Nasie veroordeel, op die selwde wyse dat Hy Israel veroordeel in tye wanneer hulle as ‘n nasie hul rug op hom gedraai het; en dit is dalk iets om oor na te dink; maar dat die induvidiële slagoffer deur ons so veroordeel en geblaam word, is iets van ‘n heel ander aardt. Wat kon hulle gedoen het wat so erg is dat hulle die doods vonnis verdien – of die ander wreedhede.
In die vorm van veroordeling, wonder ek wat gesê sal word in die volgende geval. Dit is aan my deur Suid-Afrikanse sendelinge in Japan gestuur… Een van ons dierbarste vriende, ‘n jong Boer in sy dertig’s, Gerrit Steenkamp, was ‘n Miellie-boer naby Bothaville. Hy was ‘n wonderlikke christen wat jaarliks op sy plaas evangelie dienste gehou het vir die plaaswerkers van die hele wyk. Hy was 13de Augustus 1997 op die mees grusame manier vermoor. Die rede; omdat ‘n toordokter die teelballe van ‘n ryk, wit, ongehude man, wat nooit ‘n vrou geken het, benodig het om sy mooty te maak. Sy teelballe moes uitgehaal word terwyl hy nog lewe.Dink net aan die aakligheid van dit als, voor sy nek gebreek is deur hom op die ken met ‘n baksteen te slaan.
In Matteus 7:1 & 2 - Sê dit moenie beoordeel nie, dat jy ook nie beoordeel word nie want tot die mate dat jy veroordeel, sal jy ook veroordeel word. Toe Jesus op aarde was, het hy weinig veroordeel, en ek kan aan net twee keer dink. Een, waar hy ‘n sweep geneem het tot diè wat Sy Vaders-huis ‘n den van diewe gemaak het. Die ander keer verg taamlik beskouing, maar voor ek daarby uitkom, wil ek na ander antwoorde van Jesus beskou.Lukas 7: 36-50toe ‘n vrou van die stad, ‘n sondaar, verneem het dat Jesus by die tuiste van ‘n pharaseër aan tafel was, het sy ‘n albaster fles salf gebring sy het agter Jesus, by Sy foete gaan staan, en huilend het sy Jesus se voete met haar trane begin natmaak, en met haar hare afgedroog, en sy het Sy voete gesoen, en met die salf gesmeer. Toe sê die pharaseër aan homself, As diè Man ‘n Profeet was, sou hy geweet het watter soort vrou dit is wat aan hom raak, sy is ‘n sondaar. v47 – Jesus se toe vir Simon, haar sondes, al is hulle baie, is vergewe, want sy het baie liefde, maar hy wat min vergewe is, het min liefde toe sê Hy vir die vrou, “jou sondes is vergewe v50 - jou geloof het jou gered… gaan in vrede. In Johannes 8: 3-11 het die skrywers en Pharaseërs ‘n vrou wat op heder daad van egbreuk betrap was, na Jesus gebring hul vra toe van Hom wat hul met haar moet maak Jesus het geantwoord… laat die wat sonder sonde is, die eerste steen gooi Een vir een het hulle weggedraai tot Jesus en die vrou alleen staan. Jesus kyk to na die vrou en vra “waar is jou beskuldigers? Het selfs nie een jou veroordeel nie? Sy antwoord “niemand nie Here” waarop Jesus geantwoord het, “Ek veroordeel jou ook nie”
Matteus 23:13-33 Maar ellende aan jou, huigellars, skrywers pharaseërsjul sluit die hemelse koningryk vir ander; Omdat julle self nie in gaan nie, gee jul ook nie toegang aan die wat graag wil ingaan nie. Ellende aan jou, huigellars, skrywers pharaseërs, julle is soos witgewasde grafstene, mooi buite maar binne is doeie-mans bene en alle onsuiwerhede Buite lyk julle opreg, maar binne is julle vol skeinheiligheid en sonde v33 - jul slange, jul broeisel adders, hoe gaan julle die vonnis tot die hel ontsnap. My dierbare vriende, geliefde Volk, die punt wat ek wil maak is dat ‘n onversoenlikke houding veel erger is as sonde. Jesus het gesterf en die pryse van ons sondes betaal, en Hy kan hul vergewe, en doen dit inderdaad, maar so Allemagtig soos Hy is, is daar min wat hy met ‘n hart van steen kan doen. Die tyd het aangebreek om ons verskille opsy te plaas. Ons kan steeds ons indiwidualiteit behou. My diepste begeerte is dat u mekaar sal omhels, en jul verskille vir ‘n tyd aansy sit, saam sal trek, saam sal staan, en daaraan werk om u eie tuisland te verkry, u Volktaat. Daar is so veel in jul geskiedenis wat julle uitmekaar verskeur het, en is vandag steeds so… I admireer innig die wat hulself Boere noem. Die wat hul identiteit oor ‘n paar eue behou het; maar dit hoort nie ten koste van jul broeders wees nie, die wat hulself Afrikaners noem. Ek verstaan die geskiedenis daaragter, tog grief dit my. Vandag is Die Belofte van Sarel Cilliers by Bloodrevier deur julle almal onthou en herdenk, Boer en Afrikaner gelyk. Soos met christelikke kerke en denominasies, Elk het sy eie style van aanbidding, tog dien almal die selwde God. Party klap hande, ander nie, party dans voor die Here, ander frons daarop; en so kan ons ‘n lys maak. Tog, ten einde, is dit Jesus Christus, ons Saligmaker, wat almal saam bind. Hy pleid elke iddere een van ons se saak voor die troon van God, Sy Vader. In tye van groot nood, nasionalle ramp, kan ons saamkom vanuit verskeie denominasies, vir kollektiewe gebed, versoeking en aanbidding; Ons het al van tevore, en dit is weer benodig. Ons beskou tans van die mees afskuwwelikke tye nog in die geskiedenis van die Boerevolk.
Ek smeek julle, behou jul identiteit, jul politiese neigings, ens.. maar vind die gelyke grond wat julle saambind, staan op, en staan saam. Die God van Bloedrevier (jou Verlosser) sal terug kom wanneer die manne van Bloedrevier (die Sarel Cilliers) aan hulle God terugkeer. Iemand het onlangs vir my gesê dat Die here my gebruik om Sy liefde aan julle te toon; indien dit waar is, is dit ‘n onsaglikke verantwoordlikheid. Al wat ek weet, is dat ek wel ‘n baie groot, diepe liefde vir julle het, wat andersins nie sin maak nie.My lewe het ander paaie gevolg as die van my susters, en dus verstaan hulle nie my diepe emosies vir die Boere nie; die hoekoms en waaroms… Van hulle verstaan ek ook nie mooi nie, wat my tot die beslissing bring dat ek hiernatoe gelei is; dat dit ‘n roeping op my lewe is. Hoe waar dit ookal mag wees sal ek nie weet nie. Wat ek wel weet is dat my emosies baie eg is. Al wie ek is, is iemand wat julle groot pyn en leiding raak gesien het, en wat deur die innig geroer is, tot die punt dat ek nie langer kan still bly nie. Dit is al wie ek is; Niks meer nie; Net ‘n nederigge dienaar van die Afrikaner/Boer. U DienaarEngelseBoer.
Twee jaar gelede het ek ‘n volkslied gesryf wat my hart toon, maar ek hoop sal ook help om julle saam te trek. Getiteld :Beste VierkleurO Beste Vierkleur, wanneer mag ons - weer vir jou sien waaiIn 'n staat van jou eie - van Orania tot in Lamberts BaaiVir die volk Afrikaner, en tog ietwat anderWat steeds op jou roepstem sal gee wat jy vra.Jy lê gevou nou, maar hier is van ons - wat vurig op die dag wagOm jou weer te hys, ja - in eer vir die nuut vierkleur vlagVan die volk Afrikaner, en tog ietwat anderWat steeds op jou roepstem sal gee wat jy vra.Die Bloodreviertog is lank verby - en so hoort dit te blyMaar ons sal weer staan, ja - teen die dag van die eie regeerVan die volk Afrikaner, en tog ietwat anderWat steeds op jou roepstem sal gee wat jy vra.Jy lê gevou nou, maar hier is van ons - wat vurig op die dag wagOm jou weer te hys, ja - in eer vir die nuut vierkleur vlag...O Beste Vierkleur, wanneer mag ons - weer vir jou sien waaiIn 'n staat van jou eie - van Orania tot in Lamberts BaaiVir die volk Afrikaner, en tog ietwat anderWat steeds op jou roepstem sal gee wat jy vra.Ja wat steeds op jou roepstem sal gee wat jy vra.Ja wat steeds op jou roepstem sal gee als wat jy vra.
© EngelseBoer 2004 - 2008