Wednesday, August 6, 2008

GRAPPIE JULLE!!

Afrikaans is bakgat!

Die Ma ry met die twee kleintjies (3 en 5) in die kar. Diekinders is onhebbelik en sy raas en raas, maar hulle wil nieluister nie, wat nog van stilsit. Haar moer koer en sy trek vandie pad af, wiks die twee goed, sit hulle terug in die kar en se:Nou wil ek nie weer 'n woord hoor nie.
Na so paar minute s? Die seuntjie: "Mamma ek wil iets sę"
Sy sę: " Net vinnig, want jy is veronderstel om stil te bly"
Sę hy: "Ek wil net vir Mamma sę, Jesus gaan hiervan hoor!"
**************************************************
Toe ek ses maande verwagtend was met my derde enetjie kom mydriejarige ingeloop in die kamer toe ek net oppad stort toe is.
" Ma, jy is besig om vet te word" sę sy ondiplomaties.
"Dis reg my skat maar jy moet onthou mamma het 'n babatjie wat inmy maag groei" probeer ek skerm.
"Ek weet," sę sy '' . . Maar wat groei in mamma se boude?"
***************************************************
Pieter wys sy seun hoe om die ritsluiter van die sweetpak toe tetrek.
"Die geheim is," sę hy " . . . Is om eers seker te maak dat diehakkie van die een kant mooi in die ander pas!"
Sy seuntjie kyk hom met 'n frons aan en vra "Hoekom moet dit 'ngeheim wees?"
**********************************************************************
Dis Sondag en baie kerke gee deesdae MOS spesifieke Sondae voordie gewone diens 'n kort kinderdiens. Die dag vertel dominee vanDaniël in die leeukuil en al die kinders moet kom voor sit.Baie dramaties vertel diedominee:
"En die koning vat vir Daniël en GOOI hom in die leeukuil !"
Die kerk is tjoepstil en die een seuntjie het hom so ingeleef indie storie, hy haak kliphard af: "So 'n bliksem!"
[ Die dominee het blykbaar so gelag hy kon nie verder preek nie..Het een van die ouderlinge gevra om net af te sluit en na die tydvir die ouers gevra om asseblief nie die kind pak te gee nie wanthy was die enigste een wat regtig geluister het! ]
**************************************************
My vriendin het aan haar kinders die feite van die lewe probeervertel toe sy haar derde enetjie verwag.
Sy sę toe dat pappa 'n saadjie in haar geplant het en dat diebabatjie uit daardie saadjie groei.
Met 'n vraagteken op haar voorkop vra die vyfjarige "Toe pappa mysaadjie geplant het - was my gesig op die pakkie saadjies?"

No comments: