Wednesday, August 20, 2008

BEWARE THE MUSIC.



Toe ek in 1987 in standerd 6 of 7 was, het ons ook na Heavy Metal musiek geluister.
Iron Maiden, AC/DC, Guns & Roses, Wasp net om n paar te noem. Ten minste 1 keer elke 2 jaar het oom Rodney Seal n draai kom maak en dan vir 2 ure lank gepreek oor die dieper verskuilde euwels wat agter die Metal lirieke skuil.
Dan was ons projector skyfies gewys van die groepe se posters veral Iron Maiden het erg hier deur geloop weens hul posters wat altyd hul mascot Eddie vertoon het. Dan het hy vir ons langspeel plate agter uit gespeel met sataniese boodskappe in. Ek onthou veral een van Pink Floyed se lp’s waar as jy dit “backward mask” dan hoor jy hoe se die sanger take dots and get high just before you die, ag en ander goed soos kill kill kill.


Wel ek het daai middag 2 naalde op my Hi-Fi op gevok soos ek die versteekte lirieke probeer hoor het.
En tot vandag al wat ek kon hoor was “hummm blush inmp daasgoret”, maar not n vok versteekte lirieke nie.

Toe in standerd 8 tref die Goth era ons en raai wat, al wat n leerling begin skielik swart dra en luister na Sisters of Mercy, Fields of the Nephilim, Alien sex fiend en hordes ander groepe uit europa wat die Suid Afrikaanse jeug soos n kak storm getref het.


Swart stove pipe jeans swart t-hemde en dock martin skoene was die mode saam met silwer kruise en skedels as versiering van ons het soos kersbome op acid gelyk.
Moolhas in Jozi het miljoene gemaak uit die docks wat hy aan ons gesmous het, van 8up to 12up dock martin boots en pryse was tussen R899.00 tot R2500.00.


Naweke was n helse ding want van ons het die Metal en Goth gemeng met docks en Metal hemde. Ons het skelm by plekke soos The Doors, Alcatraz, Alice-D en Le Club in gekom en geparty tot in die vroeg oggend ure. 8uur op n sondag oggend as jy in jou swart gewaad huis toe sluip staar kerk gangers jou aan asof jy deur die hel uit gespoeg was. Dit was lekker jare sorgloos en vry. En ja daar was fights elke dan en wan en twis tusen vriende.Maar nooit het 1 van ons die gedrag geopenbaar wat in Krugersdorp plaas gevind het nie. Ons het nie met Samurai swaarde en jou favorite band se klere aan vriende en mede leerlinge se kele afgesny en die skuld op satanisme gepak nie. En my punt is don’t blame the fucking music for what that child did „cause that is what he is, a child“. So wie blameer jy die duiwel en sy demone, groepsdruk, of dalk die gebrek aan reels en regulasies of gebrek aan lyfstraf in skole. Wel ek dink die vraag moet in die ouer huise geuiter word waar die kind se vormings fondasie le. Ek pak nie die skuld op die ouers nie want ek ken n paar wonderlike ouers met kinders wat so ongoddelik optree dat jy soms die urge kry om hulle met n bliksemse swaard by te kom.


Maar daar sien ek dan myself op 17, n regte rebel.
Ons het Metal en Goth geluister want dit het jou ouers af gepis, dit het die onderwysers af gepis, en die Dominie van wat ook al kerk jy in was ten minste 5 strokes n week gegee. En waarom almal afpis, wel jy was n culture shock, almal het vir jou gekyk en jy het hope aandag ontvang met jou rebelse gedrag. En jy was deel van die anti-establishment the odd one out. Fok die feit dat jy 100 maats het wat presies dieselfde aantrek, jy was gesien as anders en ons as jeug het geblom op die aandag van groter gesag soos die skool en jou ouers.Dit breek my hart dat daai aandag verskyf het na moord en doodslag, en ek sal self nie n defnetiewe antwoord kan gee oor hoekom daai seun so jong lewe geneem het nie meskien was hy n satanis soos Charles Manson, of dalk was hy demonies besete of selfs net plain vokken MAL.




Maar om n Metal band Slipknot in die geval te blameer maak vir my geen sin nie. As lesers antwoorde kan gee wees welkom want ek dink nie net in ons land nie maar reg oor die wereld is daar iets groot fout met van die mense op aarde.

3 comments:

Anonymous said...

Ja..my Ma het ook al my boet se Judus Priest, Black Sabbath e.s.v gebrand en vernietig. Jirre was hy de bliksim in.

Sy het nooit aan my Alice Coop, Led Zepp en andere geraak nie...My Ma het my net een keer probeer domineer en ek het haar lekker reg gesit. Ek het nooit toegelaat dat enige mens of organisasie vir my toeskryf wat ek mag en nie mag kyk nie en luister nie. Dis met baie dinge so, en dit maak dit ook nie juis maklik in a huwelik waar die man altyd baas van die plaas wil wees.
Ek doen wat ek wil. Ek ontdek alles. Ek bind my NIE aan enige voorskifte. Ek maak niemand seer nie, ek is law abiding, is lief vir mense, maar dit is my lewe en ek leef dit soos dit my pas en basta.

Hierdie kind wat van sy trollie afgeraak het...my jissus..die klein moerskont sou ek lankal goed gebliksim en opgefok het laat hy bietjie kan groot word.
Die ergste wat ooit met die SA jeug gebeur het, is dat hulle nie meer diensplig het soos wat hulle pa's gehad het. Laat hulle goed afkak en leer om te waardeur wat beteeken gemeenskap en broederlichkeid. My Pa en sy Pa was al met 23 getroude mans met hulle eerste kindertjies. As jong tieners moes hulle werk, nie sit en snot pik voor n PC of n XBox.

Ek het lankal besef, as vrou is daar net soveel wat jy as moeder vir jou seun kan leer. Jy sorg vir hulle as hulle klein is en sit n pleister op hulle einas, maar net n man kan n man van n jong seun maak. Vanner ek sulke kak lees dan vra ek watse rol het die kind se pa in sy lewe gespeel.
As n man te sagmoedig is om sy seun se gat te skop, dan gaan hy net n klein respeklose fokker uitdraai wie onnoosele drome het en n kop vol Harry Potter fantsie.

Ja, jy is reg, daar is baie groot foud met die wereld. Daar is n leun aan die mensdom vertel wat al duisende jaare voortduur. So lank as die mensdom nie erinstig na waarheid soek sal hulle altyd in a situasie van konflik bly. Die Bybel gee ook nie dieantwoord want dit is n groot deel van die probleem.
Mens het n beter kaans om antwoorde te kry as jy gaan soek in die boeke en geskrift wat uit die Byble uitgelaat is.
n Goeie begin is die Boek van Henoch (Book of Enoch) die Macabees en ander Apocrypha. The lost books of Adam and Eve, The Book of Giants en so voorts..
Die lewe kan fantasties wees, maar as mens moet ons besef dat geluk in die lewe alles van ons self afhang en nie van enige ander bron. Vir die wat net goeie nuus wil hoor oor God se koningryk kan ek net se, ek stem sam met die Persiese digter en philosoof, Omar Kayyam, hy't gese..

" we shall see or we shall not see, but if it is inevitable, then I will not worry myself over it."

soet wees
(-;

Anonymous said...

Wat my net vang is die algemene oogklappe van mense...

FFS!!! Ek's 32, my Pa het my aan ACDC voorgestel en dan het ek van jongs die nodige opleiding om groot kak te maak... Het ek as tiener mense vermoor? Nee - hoekom? Disipliene en trots en eer!

'n Persoon se ouers speel 'n massiewe rol in jou lewe - as hulle opfok is jy as mens vir die res van jou lewe geskroef! Dit ga natuurlik hand en hand met die opvoeding struktuur... ons kan bly wees ons is deur die "normale" struktuur!

Hoe de Hel moet jy iemand wat vir hom/haarself kan dink in ZA groot maak!?

As mannetjie werklik 'n satanis was sou hy nie soos 'n sot aangetrek het en sy familie se naam gat gemaak het nie!

"Metal" is en was nog altyd die sondebok! En dit sal altyd die fondasie van alles bly!

1 BLANKE tiener vermoor sy mede skolier en dit is vir 4 dae voorblad nuus...

Maar ons hoor nie van die 14 jarige swart persoon wat iemand lem nie!!!

Ek so gatvol vir die Afrikaner en Christen mentaliteit!

Anonymous said...

Rodney Seal .. omw, ek is dankbaar ek is nie al een wat onthou nie. Ek sien nog sy gesig voor my, duidelik. En ek glo hy sal jou vandag nog probeer oortuig Barney Simon se initials staan vir bull$h!t.

So, help my hierso, en die Kaapse koue weerhou my van meer kreatiewe voorbeelde op die oomblik, maar vat Phantom of the Opera (which I love btw) ..

'n Gemaskerde freak (lees obsessed) wat in 'n drop dead gorgeous hool woon, iemand stalk, gevange hou .. komaan. Ek weet dit is 'n ekstreme voorbeeld maar is dit nie maar waarop die storielyn neerkom nie?

Maar die musiek is nie as 'metal' geklassifiseer nie, die kerslig ondergronds is sag, die rose bloei nie, en hy dra 'n mantel ipv swart make up en 'n spikey leatherband om sy nek.

Charity begins at home. Ek is oortuig daarvan jy kan 'n kind aan iets soos death metal blootstel en as dit in die regte konteks oorgedra word en die kind steedsliefde, self-respek en dissipline ken kan hy heel human anderkant uitkom.

Ek is siek en dat daarvan dat tags soos metal, Goth, darkness ens die blaam moet vat vir die insecurities en foute van die sogenaamde 'normale' mense. Ons is hulle easy escape as hulle nie kan cope nie .. so wat, as ek nou met 'n ou sanna in 'n skool in vaar gaan ek die Voortrekkers blameer, DJ Ossewa of selfs Bok van Blerk?

Go figure. Flippet.