Wednesday, August 6, 2008

SPOOK STORIE


Hierdie is een van my kort verhale wat n ruk gelede op radio sonder grense gelees was gedurende die spook uur op hul deurnag sessie ek hoop my blogg lesers geniet dit.

DIE SPOOK VAN PLOT 13.

Mnr Max Koops n ryk sakeman het op n dag erns in die midrand omgewing vir hom en sy vrou Nita n plot gekoop met n groot ou vervalle plaashuis op.
Die dag toe die koop deur is het Max die vorige eienaar Mnr Seeg De Vries op die perseel ontmoet om die plaashuis se sleutels te kry. Seeg was egter n vreemde karakter, Max het soos met vorige ontmoetings n snaakse gevoel gekry, veral; as hy Seeg se nat koue hand geskud het.

Die dag het Seeg egter n baie vreemde versoek aan Max gerig.
„Wel Mnr.Koops ek neem aan u, gaan bou en breek aan die huis?“
„Ja het Max geantwoord, Ek en Nita beplan om die ons aftree plekkie te maak, ek meen 6 slaapkamers, 4 badkamers, dit sal ook idiaal wees as die kinders en kleinkinders kom kuier met vakansies en so aan.“

Seeg het half ongemaklik n sigaret aan gesteek en verder gepraat.
„Ek verstaan Mnr.Koops ek wil egter n versoek rig, breuk en bou soos u wil. Maar moet asseblief nie enige bestaande deure toebou nie, en moet ook nie nuwe deure in bestaande mure inbou nie, dit geld ook vir die vensters.“

Half verergd draai Max sy rug op Seeg, en stap na die huis terwyl hy Seeg antwoord.
“Maggies kerel dit klink soos ou boere raad teen spoke en geeste, watse snert vrae jy my dis mos nou my plek die ek kan tog sekerlik doen soos ek wil?”
Toe Max nie n antwoord kry van Seeg nie draai hy terug om hom te konfronteer. Seeg was egter skoonveld, al wat Max kon kry was n brandende siggaret stompie op die grond waar Seeg gestaan het.

Max het die klein hoewe plat gestap maar Seeg was net weg, hy het net verdwyn. Selfs sy ou skedonk bakkie wat by die hek gestaan het was weg, en Max kon nie onthou dat hy die bakkie hoor ry het nie.

Later daardie aand het Max sy vrou vertel van Seeg se vreemde gedrag en versoek en, dat hy toe in n oogwink net verdwyn het.
„Ag my man ek wil tog nie in n huis vol spoke woon nie wat nou gemaak?“ het Nita gese.
„Wel, my vrou ek gaan vrydag n paar meubel stukke oorneem na die plot, ek beplan om daar te bly vir die naweek. Ek wil n opname maak van al die herstel en bou werk wat gedoen moet word. As daar iets fout is in daai huis, sal ek dit weet. Indien dit die geval is sit ons maar die plek weer in die mark, ek kan tog nie daai swernoot dagvaar omdat hy n huis vol geeste aan my vekoop het nie. Elk geval glo ek nie aan sulke snert nie, maar ek weet hoe jy oor sulke dinge voel, jy was ook mos soos jou ouma Griesel met die helmet gebore?“
„Hellem Max nie helmet nie man, moenie my spot oor n gawe wat ek nie kan help nie, het Nita verontwaardig terug gekap na haar man.“
„Goed goed, my skat ek trek net jou been.“

Ongeveer 14:00 die vrydag middag het Max die laaste goed in die ou plaashuis in gedra. 2 ou lakens het gedien as gordyne, 1 in die slaapkamer, en een in die televisie kamer. N kamp bed met n paar komberse en kussings vir slaap het hy in die slaapkamer geplaas. N kamp stoel en klein tv op n ou hout trommel wat hy in die stoorkamer buite gevind het, het hy in die toekomstige tv kamer geplaas.

Die stoel het hy n paar tree van die tv af in die middel van die vertrek geplaas, en toe vir hom n glas vrugte sap gaan skink in die kombuis.

Die eet gery met kos sal hy later kom uitpak terwyl hy aand ete gaan maak het Max by homself gedink. Toe neem Max sy nota boek en pen om die huis van buite te inspekteer, en notas te maak van enige herstel en bou werk, wat gedoen gaan moet word. Toe dit begin skemer raak het Max terug in die huis gegaan. Max se plan was om aandete te maak n bietjie tv te kyk en n paar sopies whiskey te geniet. Maar in die tv kamer op pad na die kombuis merk hy sy kamp stoel wat hy in die middel van die vertrek staan gemaak het, is geskuif en staan nou in die verste linker hoek van die vertrek.

„Wat de doner....? brom Max by homself en skuif die stoel terug na die middel van die vertrek. Max besluit om die stilte te verbreek deur die tv aan te skakel. Toe stap hy kombuis en daar tref n groot skrik hom. Die 2 karton dose vol eet gery en kos wat Max op die kombuis kas gelos, het verdwyn.

„Wie de hel speel so met my, Seeg is dit jy jou wetter? Bulder Max se stem deur die huis.
En al wat Max hoor is n doodse stilte. Toe onthou hy, hy het mos die tv aan geskakel. Terug in die tv kamer ontdek hy die tv af en sowaar sy kampstoel terug in die hoek geskuif.
„Swernoot, ek slat jou pap as ek jou in die hande kry, skreeu Max weer kliphard.“ Verwilderd begin Max die huis deursoek hy merk ook al die vensters is toe en die deure is gesluit, hy besef toe hy; is alleen in die huis.
Skielik voel Max nie meer so braaf nie en hy besef iets vreemd is hier aant gebeur. Terug in die kombuis vind Max al die goedere is netjies weg gepak in die kaste en sy bottel whiskey vind hy in die spens saam met die kos wat hy gebring.
Met n bewende hand maak hy die bottel oop en neem n groot sluk somer so uit die bottel, en met dit is daar n harde slag asof iemand sy hand hard teen die kombuis kas geklap het, en wraggies, duidelik hoor Max hoe die glase wat hy gebring het in die kombuis kas rattel.

„Wat soek jy?“ vrae Max sag, terwyl hy nog n sluk uit die bottel neem. Met dit rattel die glase weer teen mekaar in die kas.
Stadig maak Max die kas oop en neem n glas en gooi toe whiskey in, hy plaas die bottel terug in die spens en neem n slukkie uit die glas. Duidelik hoor Max die tv aan gaan. Hy stap terug na die tv kamer waar hy die tv aan vind..... en sy stoel terug geplaas waar hy dit oorspronlik gelos het.

Stadighet Max in sy kampstoel gaan sit en tv gekyk wonderend oor die aand, so het hy aan die slaap geraak en die volgende oggend waker geskrik net om te vind dat die tv was af geskakel en n kombers was oor hom getrek. Hy het ook ontdek dat sy glas gewas en weg gepak was in die kombuiskas.

So het Max en Nita hul intrek geneem in die huis saam met die spook wat daar woon. Met tyd het hulle geleer as sekere dinge gedoen word soos om die huis skoon te hou dan het die kalant hul nie gepla nie. Soms antwoord hy selfs die foon en neem boodskappe as niemand tuis is nie, dan vind Max en nita dit netjies neer geskryf in die nota boekie langs die foon. En saans as almal gaan slaap het, maak spook huis skoon.
Snaaks genoeg waneer Max en Nita se kleinkinders kom kuier het, het jy nie vir spook gesien of gehoor nie, behalwe snags waneer die kleintjies geslaap het dan het hy die kamervensters toe gemaak as iemand dit oop dalk vergeet het. Of soms, hul toegetrek as hulle hul self oop geskop het in die middel van die nag.

En dit liewe vriende is die verhaal van die spook van plot 13, als is waar wat ek hier vertel het,ek behoort te weet, want ek ken Max en Nita al meer as 8 jaar persoonlik, ek meen, ek woon tog by hulle. Selfs n spook wil nie alleen in so groot plaashuis woon nie, of wat se ek als?

Groete tot volgende keer jul vriend
Seeg (spook) de vries.

Skrywer G.A.Beukes. 10-04-2008 kopie reg (c) word voorbehou.

No comments: