Tuesday, September 23, 2008

IEMAND WIE EK KEN.


GISTER NA WERK, RY EK IN N BAIE GOEIE GEMOED HUIS TOE, MY DAG BY DIE WERK HET RUSTIG VERLOOP VIR N MAANDAG. EK BESLUIT TOE OM N KOUE BIER TE GAAN DRINK BY DIE LOCAL KROEG NABY MY HUIS, N GESELIGE PLEKKIE GENAAMD WOODSTOCK PUB EN GRILL. DAAR GEKOM MERK EK IETS IS VERKEERD, DIE VRIENDELIKE ATMOSFEER ONTBREEK DIE MUSIEK IS SKAARS HOORBAAR IN DIE AGTERGROND EN MY GEWONE GROEP VRIENDE SE GESIGTE IS STRAK EN STIL. EK MERK 1 OF 2 MENSE WIE SE OE DUIDELIK WYS DAT TRANE IS GESTORT. EK HET DIE GEWONE HANDSKUD UIT GEDEEL EN AAN DIE EINDE VAN DIE KROEG GAAN SIT EN N BIER BESTEL WONDEREND WAT AAN DIE GANG IS MET MY VRIENDE.


MY VRIEND “LEGION” WAS DAAR EN HY HET LANGS MY KOM SIT, EN IN SY FRANSE AKSENT MAAR IN VLOT AFRIKAANS VIR MY GEVRA OF EK GEHOOR HET WAT MET EEN VAN ONS VRIENDE “BP” GEBEUR HET. EK NOEM HOM BP WANT EK WIL NIE SY NAAM OP DIE BLOG PLAAS NIE. NOU BP IS N VRIEND MET WIE EK AL LANK GESIT EN DEBATEER HET OOR MUSIEK, VAN LED ZEPPELIN TOT LINKIN PARK. NEE, WAT HET MET HOM GEBEUR, HET EK MY FRANSE VRIEND GEVRA? EN TOE SLAAT HY MY MET SY WOORDE BO VAN MY STOEL AF, BP SE 15MAANDE OUE SEUN HET SONDAG VERDRINK. HOE EN WAT GEBEUR HET WEET EK NIE WANT EK WOU NIE VRA NIE. DIE BIER HET BITTER EN SLEG IN MY KEEL AF GESPOEL, EN EK KON DIE TRANE VOEL OPDAM IN MY OE.


EN SO HET ONS GROEPIE IN STILTE GESIT EN TREUR VIR N VRIEND SE TRAGIESE VERLIES. BP ONS DINK AAN JOU EN JOU VROU IN DIE TYD VAN VERLIES, EK KAN NIE DIE WOORDE VIND OM TE SE HOE JAMMER EK VOEL VIR JULLE NIE, MAAR WEET NET HY IS NOU OP SY EIE “STAIRWAY TO HEAVEN” VEILIG IN DIE ARMS VAN ONS VADER. EK ONTHOU HOE EK EN MY VRIENDIN HOM EENKEER YOGHURT GEVOER HET, EN EK KAN DIE TRANE NIE MEER KEER NIE, DIS NET TE VEEL VIR MY.


IAM VOS ES TUTUS INTELUM OF DEUS, AMEN!

No comments: