Tuesday, September 2, 2008

TOE EK NOG N KINDERS WAS.


KINDERS MOET GEHOOR EN NIE GESIEN WORD NIE. WIE ONTHOU AS DAAR KUIER GASTE GEKOM HET EN DAAR WAS VIR JOU GESE JY KOM SIT NIE EN TEL DIE GROOT MENS SE TANDE NIE. JY MOES LEER GRAS SNY EN RANTE TRIM IN DIE TUIN, EN TOE EK N KIND WAS WAS DAAR NIE SO DING SOOS N WEED-EATER NIE. NEE WAT PAPPA DIE RANTE WAS AFGESPIT MET N GRAAF EN GESNY MET N SKAAPSKER.
MY PA HET SO OU VICTA TWO STROKE GRASSNYER GEHAD DIE TIPE WAAR AS JY TE VEEL OLIE SAAM MET DIE PETROL GEMENG HET DAN HET N BOL BLOU ROOK JOU DIE ERF VOL GEVOLG SOOS JY SNY.
SONDAE MIDDAE MOES JY SIT EN PA EN OUBOET SE SKOENE POLITOER VIR MAANDAG SE WERK EN SKOOL. ELKE OGGEND MOES JOU BED OP GEMAAK WEES EN JOU KAMER AAN DIE KANT. EN BEHOED JOU SIEL AS JOU KLEREKAS SOOS N VARKHOK GELYK HET.
MAAR KLOKSLAG ELKE 2DE SATERDAG VAN DIE MAAND WAS MY AF DAG EN PA EN MA HET MY ELK R5.00 IN DIE HAND GESTOP EN MY BEDANK VIR MY GOEIE HULP IN EN OM DIE HUIS. DAN HET EK EN MY NEEF DIE STRAATE IN GEVAAR AS RYK MENSE MET DIE WERELD AAN ONS VOETE.
EK ONTHOU EENDAG EN DIT IS DIE EEN INSIDENT AS KIND WAT IN MY KOP BLY VASSTEEK HET DEUR DIE JARE HEEN. EK WAS BESIG OM LEGGO TE BOU IN MY KAMER TOE MY MA MY GEROEP HET OM DIE VULLIS EMMER TE GAAN LEEG MAAK IN DIE KOMBUIS. EK WAS SO 13 OF 14 JAAR OUD EN SONDER OM TE DINK SKREEU EK EWE AROGANT TERUG VIR MY MA“ MAN EK KAN NIE NOU NIE EK IS BESIG!“

NOU LAAT EK NET DIT SE MY PA HET MY NET 2KEER IN MY LEWE N PAKSLAE GEGEE, EENKEER TOE EK DIE BUURMAN SE RUIT UIT GEGOOI HET NADAT EK EN BUURMAN SE SEUN GEWAARSKU WAS OM OP TE HOU MET ONS APOKOLIPTIESE KLONT GEVEG HEEN EN WEER OOR DIE HEINING. EN DIE 2DE KEER WAS DAAI DAG TOE EK MY MA SO AROGANT GEANTWOORD HET.
EK HET GEDINK EK LEGGO NOG TOE TRAP MY VOETE LUG SOOS MY PA MY SOMER SO AAN DIE NEK OPTEL EN MY GAT ROOIWARM LOOI MET DIE PLATHAND. NA WAT SOOS N EWIGHEID GEVOEL HET HY BY MY KOM SIT MET SY ARM OM MY SKOUER EN IN N SAGTE STEM VIR MY GESE, “MY SEUN PA IS BAIE LIEF VIR JOU MAAR JY SAL NOOIT OOIT WEER SO LELIK MET MAMMA OF ENIGE ANDER VROU PRAAT NIE, HET JY AL OOIT GEHOOR PAPPA PRAAT SO MET MAMMA?”
EK WEET NIE WAT WAS ERGER NIE DIE PAKSLAE OF DIE WOORDE VAN MY PA? MAAR NOOIT WEER HET EK SO MET MY MA GEPRAAT NIE. SELFS DEUR MY REBELSE FASES HET MY PA SE WOORDE IN MY KOP GEBLY.
EK WIL NET SE DANKIE PA DIT HET VAN MY BETER MENS GEMAAK.

NOU SO 2 WEKE GELEDE GAAN KUIER EK BY N VRIEND VAN MY EN SY VROU. EK WORD VRIENDELIK INGENOOI IN DIE „TV“ KAMER EN KOFFIE WORD BEDIEN. SY 2 SEUNS 1 IS 12 DIE ANDER IS 10 SIT KRUISBEEN VASGENAAL VOOR DIE „TV“ MET N PLAY STATION GAME. BUITE IN MY VRIEND SE ERF WAS N OU SWART MAN BESIG OM DIE GRAS TE SNY. IN DIE 2 URE WAT EK DAAR GEKUIER HET WAS EK GELUKKIG AS EK MEER AS 2 WOORDE UIT MY PEL SE MOND GEHOOR HET. HY WAS TE BESIG OM PLAY STATION SAAM MET SY 2 SEUNS TE SPEEL. AL 2 SY SEUNS IS STEWIGE VET POTJIE ROLLE EN MA HET SOMER DIE VORIGE AAND SE LEFT OVER „KFC“ WARM GEMAAK VIR LUNCH. SY VROU HET GEMERK EK IS ONGEMAKLIK EN HET MAAR TOE N GESPREK MET MY GEVOER OOR HAAR SCRAP BOOKING BESIGHEID EN DIE MISLIKE SKINDERBEK BITCH BY DIE HAARSALON. TUSSEN DIT DEUR HET MY VRIEND HARD VOOR SY SEUNS GELAG EN GESE “JA DAAI VOKEN TEEF IS GIF HOOR.“
LUIDKEELS GIL SY OUDSTE SEUN AG VOK TOE HY VERLOOR OP SY GAME EN MY VRIEND LAG EN SE KOM GEE PA N TRY. JENNY SO SPREEK DIE KINDERS MY VRIEND SE VROU AAN,“ GAAN GOOI VIR MY COKE IN,“ SE DIE JONGSTE TERWYL HY OOPBEK SIT EN STAAR NA DIE SKERM. EN GEDWEE GAAN DOEN SY SOOS HY BEVEEL EN TOE SY DIT BRING SE DIE ANDER SEUN „EK SOEK OOK N GLAS.“
WEL DIT WAS MY LAASTE KUIER BY MY VRIEND SE HUIS VIR N BAIE LANG TYD. EN SOOS EK WEGRY TERUG NA MY HUIS TOE DINK EK AAN MY KINDERDAE EN ONTHOU EK MY PA SE WOORDE…. EN IN MY TRU SPIEEL SIEN EK DIE OU TUIN WERKER BESIG OM DIE SYPAAIDJIE RANTE TE TRIM MET MY VRIEND SE WEE-EATER.

5 comments:

Fishman said...

Ons lewe in 'n ander tyd! Waar het jy nou gesien jy mag nie 'n kind bliksem as kak aan jaag nie. Hulle sal mos met 'n mens mors, hulle baie slimmer as wat mense dink. Dit is ook die hoofrede dat ons sulke strond by ons skole het. Maniere end disiplienne soos wat hulle in die army gese het kan net afgedwing word.

Anonymous said...

Bly weg...hulle waardeur jou nie!

Anonymous said...

Those were the days. Harde werk, respek en dissipline .. maar ek kyk vandag terug en is nie spyt nie.

Ek wonder, as jou vriend hierdie beskrywing objektief kon lees, of hy ook die tasbare leegheid daarin sou kon ervaar.

Hulle leef nie, hulle IS net. My goudvisse IS, die groente in die tuin IS. Dis eintlik hartseer ..

Staalhamburger said...

KINDERS VANDAG IS TE VROEG RYP HULLE WORD GROOT VOOR HULLE KINDERS KAN WEES EN DAAR IS N GAPING VAN RESPEK WAT MY SOMS KOUD LAAT.

Ator said...

Ag maat....

Ek het dit elke dag by UP gesien...

Wit, Swart, Bruin - kinders van 18-20 wie se hele uitrusting meer kos as wat ek in 'n maand verdien het...

Ek sidder om te weet hoe en waar my vriende se kinders gaan "groot" word.

Respek is respek! Punt klaar!

Hoekom maak "ons" nie ons kinders groot soos ons groot gemaak is nie!?