Thursday, June 26, 2008

Metro moleste.

Ek kan verstaan dat mense ongelukkig raak by hul werk. Veskeie faktore kan dit veroorsaak ek wil egter net een ding bespreek. Op 25-06-2008 besluit die Jhb metro polisie en werkers uit die kantoor geledere hul verhogings is onvoldoende, en n massastaak volg vanaf laat middag.
Nog punte wat tot dit gely het is agterstallige oortyd gelde en n onsuksesvolle ooreenkoms tussen die unie en die vetkatte wat op die hoe vlakke sit en septer swaai. Nou hier is my kruk, wat het geword van petisie optrek, wat het geword van vreedsaam protesteer, wat van onderhandelinge, hel wat van selfs n „slow strike“? Maar nee, nee die volgende word gedoen, die N2 snelweg in en uit Jhb word afgeblok deur metro lede in hul voertuie, in en uitgange in Jhb word af geblok deur werkers van metro, onskuldige mense met gesinne word in hul kantoor vas gekeer. Nou vra ek met trane in my oe wat het dit gehelp? Mense op pad huis toe was gedryg deur metro, daar was op n stadium selfs n geskietery tussen metro en die saps, mense se karre was beskadig en met klippe bestook. Wat het die protes aksie bereik, ek sal julle se net mooi niks. Al wat gebeur het is die pers het n „field day“ gehad, en almal het gebel en gekak en kerm oor die ongerief en geweld wat dit veroorsaak.
Watse oplossing is daar vir die gemors in ons land want elke dag steek n nuwe gier van geweld kop uit. As dit nie ATM’s is wat opgeblaas word nie is dit Xenophobia’ of metro lede wat met aapstreke begin?
Ek het n paar idee’s wat ek later sal bespreek in n opvolg artikel, maar indien iemand met n plan opkom se my.

No comments: